music

Sarah Theron

Afrikaans
Sarah Theron

Sarah Theron is alom daarvoor bekend dat sy mense begeester met haar uitsonderlike stem en vertolkings. Sy is geen onbekende vir diversiteit nie en word geken vir haar sagte volksballades en kragtige "torch songs".

Sommer in haar eerste professionele jaar spring Sarah weg met 'n Vita-Toekenning vir haar solo-kabaret 'Yet Another Fat Lady Sings', asook 'Duet To Me One More Time' (met Rory Rootenberg). Die opskuddende treffer-produksies 'Up & Coming' ('n Didi Kriel Produksie), 'Nunsense' (vir Pieter Toerien), 'Return To The Forbidden Planet', 'Serial Stoeptannies Live' (met Heidi Edeling; Top Tien-status by KKNK '96), 'Bridal Sweets', 'La Fiesta', het Sarah laat uitblink as ensemble-speler.

Oor die laaste 9 jaar het sepie-kykers haar ook leer ken as Baby Botha in Franz Marx se Egoli Plek Van Goud. Sarah het ook diep in ons harte gekruip met haar musiekalbums soos 'Egoli Vol.1: Sarah Theron' (Sama-nom 2002) 'Diva' (2003), 'Roomkoeke' (2005), 'Diva RSA' (2007) 'Sit Die Ketel Aan' (2007) en 'Terug Na Jou' (2009).

Sarah is genomineer vir Rapport Vamt - Beste Afrikaanse Vroulike Kunstenaar (2008 & 2010) en Huisgenoot Tempo – Gunstelinge Vroulike Kunstenaar (2007). Sarah is ook aangewys as Beste Vroulike Kunstenaar vir 2009, deur Vroukeur. Sarah is op 3 Februarie 2011 vereer met 'n Country Melody Award as TOP-10 Kunstenaar saam met Lance James & Cheree. Sarah het 3 Country Top-10 Treffers in 2010 gehad!

Vanaf 2007 is Sarah meer bekend vir haar inheemse treffers, 'My Ouma Sera', 'Dirkie', 'Ek Onhou', 'Hartseer' die pragtige 'Briefie Vir Madiba/Dearest Madiba'. Gehore laat haar egter nooit gaan voor sy haar 'Gloryland' en 'Purple Rain' vir hulle gegee het nie.
Sarah is ook onlangs gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Eurovision World Peace Festival 2010 met 'n tweetalige weergawe van 'Briefie Vir Madiba/Dearest Madiba' waar sy Lady Antebellum uitgestof het om die 11de plek wereldwyd in te palm!

Sarah is die een sangeres wat geen gehoorlid onverskillig laat nie. Sy is 100% suiwer, 100% onverdun. Haar hartlike sin vir humor laat die gehoor onmiddellik ontspan, sodat hulle kan terugsit en na een van ons grootste stemme kan luister.