music

Charlize Berg - Charlize Berg

Adult Contemporary, Afrikaans
Charlize Berg

Charlize Berg het onaanvegbaar die mooiste stem wat nog in Suid-Afrika gehoor is! Daar is skakerings van Celine Dion, Leona Lewis en Christina Aguilera. Maar sy is onmiskenbaar eiesoortig. Charlize is vir internasionale bekendheid bestem!

Op haar debuutalbum bied sy styluniekheid, gekenmerk aan genreveelsydigheid en pragtige vokale gimnastiek. Met hoofsaaklik oorspronklike nuutskeppings in Afrikaans en Engels, bied sy sestien snitte wat gestempel is met stylvolle ruiker musiekjuwele.

Daar is polspop, ritmiese blues-invloede en kragtige ballades. Met die liedjies 'Kom Terug, Kom Weer, Kom Haal My', 'Jy't Belowe', 'Is Dit Ooit Verby?' en 'Sit My Met Saggies Neer' skep Charlize 'n klank wat die sintuie, en lyf, oorrompel.

Haar sensuele jeug skitter sorgeloos-verleidend op die polssnitteĀ  'Waar Is Jy, Romeo?' (Don Kelly en Marc Brendon) 'Hou Jou Mond En Soen My' (Niel Schoombee en Don Kelly), 'Waar Is Jy Nou?' (Niel Schoombie en Tiaan Prinsloo) en 'n omwerking van 'n Hansonboetiestreffer as 'Gee Vir My 'n Rede'.

Sy stempel Kurt Darren se reusetreffer 'Hemel Op Tafelberg' met vokale stylprag en sy verbreed die luggolwe met die Engelse R&B-gepoetse snitte 'Hurt', 'Nodoby Like You', 'Tenderly' en 'Just a Little Bit Longer'.

Die twee duette, 'Elke Dag By Jou' (met Kurt Darren) en 'You And I' (met Heinz Winckler; geskryf deur Don Kelly) is reeds landwye radiotreffers.

Charlize Berg is 'n SA sangeres wat met niemand anders verwar kan word nie. Sy is 'n ster in wording, en nie net in Suid-Afrika nie! Kry haar album en ervaar aangrypende, oorrompelende weredklastalent!


Release Date : 17 Oct 2011