music

Fredi Nest - Begin By My

Afrikaans
Begin By My

Fredi Nest se twaalfde album, 'Begin By My', is nie net sy beste werk nog nie; dit is ook een van 2012 se beste en opwindendendste uitreikings!

Met dertien snitte – waarvan tien nuutskeppinge uit sy en die regisseur Werner Beukes se pen.

Naas die stuitige polstreffer Bangbroekie, is daar ook ander ritmevreugdes – onder meer 'Jou Effek Op My' en 'Staan Jou Staan'.

Die album is gestempel met 'n briljante ballades, met onder meer 'Begin By My', 'Altyd Jy', 'Ek Sal Jou Nie Laat Gaan', 'Dan Breek 'n Hart', 'Dit Sal Nie Net By Woorde Bly' en die byderwetse ritmeballade 'Ons Kan In Liefde Glo' (in smuelduet met Jomari Greyling).

Fredi bied eisesoortigheid aan sy interpretasie van 'Seven Spanish Angels' (in kragduet met Manie Jackson), die suiwer countryrockjuweel 'Break It To Them Gently' en die geestelike lied 'Why Me Lord?' Fredi se eie nuutskepping in die countryrockgenre – 'She's Loving The Man' - is 'n briljante lied en gerat vir lugtyd op nasionale Engelse radio.

Die simfoniese klankvarsheid word geskep met countryrockwortels suiwer popspore en veral kragballades. Fredi Nest, gekomplementeer deur die luisterryke produksie van Werner Beukes en 'n grootstemkoorsoom, bied 'n album wat sy talent en vernuf as liedjieskrywer en sanger ten volle ontgin.

Dit is bloot 'n stuk uitmuntende musikale werk!


Release Date : 08 May 2012